Azawad (Arabies: أزواد / Azawād, Toearegtale: ⴰⵣⴰⵓⴷ ), amptelik die Onafhanklike Staat Azawad (Arabies: دولة أزواد المستقلة / Dawlat Azawād al-Mustaqillah, Frans: État indépendant de l’Azawad), was 'n selfregerende gebied in die noordweste van Mali, wat op 6 April 2012 sy eensydige onafhanklikheid verklaar het nadat die regering van Mali onder Amadou Toumani Touré ná 'n opstand van die Toearegs in 'n militêre staatsgreep afgeset is. Op 11 Januarie 2013 het Frankryk soldate ná Azawad ontplooi om Mali se soldate in die konflik by te staan en tot einde Januarie is die groot stede van die gebied herower. Op 14 Februarie 2013 het die MNLA sy eis ná onafhanklikheid van Mali opgegee en die regering vir onderhandelinge oor die toekoms van die gebied gevra.
duimnael|links|Konflik in Mali soos in Januarie 2013 Gao is die hoofstad en grootste stad van die streek. Azawad het 'n oppervlakte van 822 000 km² en 'n bevolking van 1 295 000 in 2009 gehad.
Geskiedenis Selfs tydens die Franse bewind, in 1958, het 'n separatistiese beweging, die Mouvement popular de l'Azawad (MPA) in Kidal, 'n staat vir die Toearegs geëis.
Nadat Mali in 1960 van Frankryk onafhanklik geword het, het 'n aantal opstande reeds uitgebreek. In die pers word daarna gewoonlik verwys as "Toearegrebellies".
1963 Drie jaar na onafhanklikheid het 'n gewapende stryd uitgebreek. Dit is verm deur die Maliese leër onderdruk. Die onafhanklikheidsbeweging is verder verswak deur die droogte in die streek gedurende die 1970's.
1990–1991 In 1988 is 'n opstandbeweging, die Mouvement popular de libération de l'Azawad (MPLA), gestig. Dit het in 1990 begin met 'n opstand, wat gelei het tot die Tamanrasset-ooreenkomste, en 'n nasionale verdrag in 1992 wat aan die streek meer outonomie besorg het.
2006 'n Nuwe opstand het in 2006 uitgebreek, wat met die Algiers-ooreenkoms besleg is. Dans le nord du Mali, les Touaregs du MNLA lancent un nouveau défi armé à l'Etat
2012-opstand duimnael|links|Kaart van Azawad Ná die staatsgreep wat die bewind van Amadou Toumani Touré in Mali omvergewerp het, het die onafhanklikheidsbeweging vinnig gegroei. Toearegrebelle, saam met Islamitiese groepe, het beheer oor die drie groot stede in die gebied oorgeneem. Dit het gebeur sonder te veel opposisie van die swak toegeruste en ongeorganiseerde leër van Mali. Artikel in Le Parisien. Hierna het 'n broederlike stryd ontstaan tussen die vegters van die MNLA en die Islamitiese groepe, waaronder die Ansar Dine (onder leiding van die Toeareg-stamleier Iyad Ag Ghaly), en dele van die AQMI. Die MNLA het 'n skietstilstand aangekondig en ook op Vrydag, 6 April 2012, sy onafhanklikheid verklaar.
Op 11 Januarie 2013 het Frankryk soldate ná Azawad ontplooi om Mali se soldate in die konflik by te staan en tot einde Januarie is die groot stede in die gebied herower. Op 14 Februarie 2013 het die MNLA hul eis ná onafhanklikheid van Mali opgegee en die regering vir onderhandelinge oor die toekoms van die gebied gevra.
Verwysings
Eksterne skakels
Azawad se amptelike webwerf
Kategorie:Geskiedenis van Mali