Die Gryskol-sandkruiper (Rhinobatos leucospilus) is 'n vis wat endemies is aan KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Greyspot guitarfish.

Voorkoms Die sandkruiper het die tipiese sandkruipervoorkoms met die twee dorsale vinne agter op die lyf. Die lyf is sandbruin van kleur met groot blougrys kolle aan die bokant en pektorale vinne. Die stertvin het net een lob.

Habitat en gewoontes Die vis is ovovivipaar en kom voor oor sanderige bodems in water wat tot 100 m diep is.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Rhinobatos-leucospilus.html

Kategorie:Haaie