Milla Louw (5 Oktober 1922 – 1 April 2012) was 'n Afrikaanse aktrise en stemafrigter wat van die grootste name in die plaaslike bedryf opgelei het. Sy het onder andere akteurs soos Marius Weyers, Wilna Snyman en Ivan Zimmermann afgerig.Milla Louw sterf ná ligte hartaanval, Volksblad, 2 April 2012

Biografie Louw is in 1922 op die plaas Langlaagte tussen Vredenburg en Saldanha gebore.

Sy matrikuleer van die Hoërskool Jan van Riebeeck, waar sy al reeds drama-klasse geneem het. Daarna verwerf sy 'n graad in maatskaplike werk aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was ook een van die eerste studente wat by die Akademie vir Dramakuns (ADK) ingeskryf het, en behaal hier haar drame-lisensiaat. Later het sy self by die ADK klas gegee.

Die eerste rolprent waarin sy speel is Huis op Horings (1963) saam met Anna Neethling-Pohl en met Truida Pohl as regisseur. Daarna volg Die Geheim Van Nantes in 1969 waar sy die rol van Julia du Toit vir regisseur Dirk de Villiers gespeel het.Toe en nou... Milla Louw Ouma gee nog les vir akteurs , Beeld, 8 Oktober 1990

Sy is op 1 April 2012 in die St. George's-hospitaal in Port Elizabeth aan 'n hartaanval oorlede. Sy word oorleef deur drie dogters, tien kleinkinders en ses agterkleinkinders.

Filmografie TV-reekse Nommer Asseblief (1979–1980) Willem Agter Elke Man Egoli 7de Laan as Tannie Schoeman Binnelanders Rosie vir Bromley Cawood as Ouma Wolhuter

Rolprente Iemand soos Jy (1978) Afspraak in die Kalahari (1973) Salomien (1972) Hulda Versteegh MD (1970) Die Geheim van Nantes (1969) as Julia du Toit Huis op Horings (1963)

Verwysings

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu