Marcus Aurelius Antoninus (26 April 121 – 17 Maart 180) was 'n Romeinse keiser vanaf 161 tot 180. Hy het saam met Lucius Verus as mede-keiser regeer vanaf 161 tot Verus se dood in 169 en saam met Commodus vanaf 177 tot en met sy dood in 180.Birley, Anthony R. 1987 . Marcus Aurelius: a biography. Routledge, London.

In die 170s n.C. het die Romeinse keiser Marcus Aurelius twaalf 'boeke' van morele aforismes in Grieks neergepen. Hierdie sogenaamde Meditasies bied 'n uitdaging aan die vertaler weens die onewe aard van die materiaal - soms staccato, soms ietwat warrig; soms filosofies-teoreties, dan weer prakties.https://journals.co.za/content/classic/51/1/EJC27250

Aurelius se Meditasies is direk uit die Grieks na Afrikaans vertaal deur Francois Bredenkamp, 'n klassikus verbonde aan die TUT, en in 2007 is die boek deur Protea Boekhuis uitgegee.

Bibliografie Swart, Marius J.: Raar leiers. Stellenbosch: U.U.B., 1967.

Sien ook Lys van Romeinse keisers

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 121 Kategorie:Mense in die 2de eeu Kategorie:Romeinse keisers Kategorie:Sterftes in 180