Willie le Roux (gebore op 18 Augustus 1989 in Stellenbosch) is ’n Springbokrugbyspeler. Hy het aanvanklik vir die op vleuel of heelagter in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebekerreeks gespeel. Nadat hy ses jaar lank vir twee professionele spanne in Japan gespeel het, speel hy mees onlangs vir die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023.

Springbokloopbaan Hy verteenwoordig sy land die eerste keer op heelagter op 8 Junie 2013 gedurende die mini-reeks van toetse in Suid-Afrika teen Italië, Skotland en Samoa. Hy speel puik in al drie toetse vir die volle 80 minute op die veld. Op 22 Junie 2013 het hy 'n groot aandeel in die reekssege vir die Springbokke (teen Samoa op Loftus Versfeld in Pretoria), waartydens hy 'n paar drieë help druk het nadat hy as heelagter by die agterlynbeweging aangesluit het. Springbokke se Samoa-toetsverslag, besoek op 23 June 2013

Statistiek Toetse TeenSWGVDriePunte%Wen 12 10 0 2 1 5 14 8 0 6 4 20 3 2 0 1 0 0 6 4 0 2 2 10 2 2 0 0 0 0 1 1 0 0 0 0 4 2 0 2 0 0 5 4 0 1 0 0 2 2 0 0 0 0 17 4 1 12 4 20 3 3 0 0 0 0 6 6 0 0 2 10 1 1 0 0 0 0 7 5 0 2 2 10 Totaal 83 54 1 28 14 70 S = Wedstryde gespeel, W = Wedstryde gewen, G = Wedstryde gelykop, V = Wedstryde verloor, Drie = Drieë gedruk, Punte = Punte aangeteken

Internasionale Drieë Drie Teenstanders Stad Stadion Kompetisie Datum Uitslag 1 Brisbane Suncorpstadion 2013-Rugbykampioenskapreeks 17 September 2013 Wen 38–12 2 Kaapstad Nuweland 28 September 2013 Wen 28–8 3 Johannesburg Ellispark 5 Oktober 2013 Verloor 27–38 4 Edinburg Murrayfield 2013-eindjaartoetse 17 November 2013 Wen 28–0 5 Durban Kings Park 2014-midjaartoetse 14 Junie 2014 Wen 38–16 6 Nelspruit Mbombela-stadion 21 Junie 2014 Wen 31–30 7 Port Elizabeth Nelson Mandelabaaistadion 28 Junie 2014 Wen 55–6 8 Johannesburg Ellispark 2015-Rugbykampioenskapreeks 25 Julie 2015 Verloor 20–27 9 Durban Kings Park 8 Augustus 2015 Verloor 25–37 10 Londen Twickenham 2016-eindjaartoetse 12 November 2016 Verloor 21–37 11 Johannesburg Ellispark 2018-midjaartoetse 9 Junie 2018 Wen 42–39 12 Wellington Westpacstadion 2018-Rugbykampioenskapreeks 15 September 2018 Wen 36–34 13 Nelspruit Mbombela-stadion 2022-Rugbykampioenskapreeks 7 Augustus 2022 Wen 26–10 14 Bordeaux Nouveau Stade de Bordeaux Rugbywêreldbeker 2023 17 November 2023 Wen 76–0 15 Marseille Stade Vélodrome 1 Oktober 2023 Wen 49–18

Verwysings

Eksterne skakels

Willie le Roux se profiel by SA Rugby

Willie le Roux op itsrugby.co.uk

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers