duimnael|links|'n Kanferbos in Kaapstad duimnael|links|Illustrasie van die loof en blomhofies

Die kanferbos (Tarchonanthus camphoratus) is boom wat deel van die Asteraceae familie is.

Die boom staan ook bekend as die vaalbos of smalblaarkanferbos.

Verspreiding Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Suid-Afrika (al die provinsies), Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Kenmerke Dit word tussen 2 tot 9 m groot. Die boom se bas is lig van kleur met diep groewe in die lengte. Die blare is leeragtig met 'n dowwe grysgroen aan die bokant en bleekgrys aan die onderkant. Indien die blare gekneus word gee dit 'n kanfergeur af. Die blomme en sade is oortrek met wit hare.

Habitat Die boom groei in duine, woudrande tot op hoë hoogtes. Die hout is swaar en word gebruik vir die maak van musiekinstrumente en meubels.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys

REDLIST Sanbi Plants of the World Online Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Kategorie:Bome van Afrika camphoratus Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe