Papkuil (Typha capensis) is 'n plant wat tot 2 m hoog word en hoort tot die familie Typhaceae. Die plant het lang vlesige blare en daar groei are aan die stingels se punte. Geel manlike blomme kom voor op die boonste gedeelte van die bloeias en fluweelagtige, bruin vroulike blomme onder die geel blomme. Die manlike blomme val af na bestuiwing.

Habitat Die plant kom voor in waterweë, riviermondingstrande en soutmoerasse. Die blare word tradisioneel gebruik om matte en mandjies te weef. Dit word ook gebruik om dakke mee te dek.

Verspreiding Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor

Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe