Andrew Thompson was 'n Afrikaanse akteur wat bekend was vir sy rolle as Theunis van Rooyen in Molly en Wors, J.P. Venter in kykNET se Hart van staal. Hy het ook die rol van Fanie 'Skêr' Vorster in die fliek Bakgat! vertolk.
Thompson voltooi sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Linden (waar hy in 2004 gematrikuleer het). Hy woon vir sewe jaar dramaklasse by Louise van Niekerk by. In 2006 studeer hy B.A. Drama by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie.
Sy vriendin het op 9 Maart 2012 op sy lyk in sy woonstel afgekom nadat hy selfmoord gepleeg het.SA akteur pleeg selfmoord , Nuus24, besoek op 10 Maart 2012'Molly & Wors' se Andrew Thompson hang hom , Beeld, besoek op 10 Maart 2012
Filmografie Rolprente Vaatjie sien sy gat, 2008 Bakgat! as Fanie Voster, 2008 Bakgat 2!, 2010 Stoute boudjies, 2010 Roepman, 2011 Ek joke net, 2011 Roepman (Engels: Stargazer) as Hein, 2011 Superhelde, 2011 Verraaiers, 2013 as Henry Ahrens
TV-reekse Molly en Wors as Theunis van Rooyen, kykNet Hart van staal as J.P. Venter, kykNet Hartland, kykNet Generations - sy TV-debuut
Teater Schalk Schoombie, samoerai Waterman Samoerai en skrapnel
Radio Ratels, 'n jeugvervolgverhaal op RSG.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Sterftes in 2012