Hierdie artikel handel oor die taal in Meso-Amerika. Vir die etniese groep, sien Nahua.

Nahuatl (nawa-tl, [ˈnaːwatɬ], , letterlik: "mooi of helder klank" en tlahtol-li "taal" of "tale") of Asteeks ([asˈteːkah]), voorheen Meksikaans (mexihkakopa, [meːʃiʔkaˈkopa], letterlik: "in die wyse van Meksika" of mexihkatlahtolli, letterlik: "Mexika-taal"), is die belangrikste inheemse taal van Noord-Amerika met sowat 1,7 miljoen sprekers in die Meksikaanse deelstate Estado de México, Puebla, Guerrero, Hidalgo, Veracruz, Oaxaca, Durango, Morelos, Meksikostad, Tlaxcala, San Luis Potosí, Michoacán, Jalisco en Nayarit. Nahuatl word deur die Nahuas, voorheen een van die Meso-Amerikaanse beskawings, gepraat en is sedert 2003 'n amptelike taal van Meksiko. Die taal is tot die Spaanse verowering van Meksiko in 'n eie alfabet geskryf en sedertdien word die Latynse alfabet gebruik. links|duimnael|Hedendaagse verspreiding van Nahuatl in Meksiko links|duimnael|Hedendaagse verspreiding van Nahuatl in Noord-Amerika Nahuatl is veral bekend as taal van die Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke in die huidige Meksiko, almal Nahua-volke. Tydens die Asteekse tydperk het Nahuatl as lingua franca in Sentraal-Amerika gedien. In die moderne tydperk is Nahuatl 'n natuurlike taal in El Salvador en Meksiko en word deur immigrante in Guatemala, Nicaragua, Kanada en die Verenigde State van Amerika gepraat. Hedendaags is die meeste Nahuas tweetalig met Spaans as tweede taal. Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Nahuatl sluit avokado, chayote, sjokolade, kojote, peyote, axoloti en tamatie in.

Sien ook Inheemse tale van die Amerikas

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Asteke Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Tale van El Salvador Kategorie:Tale van Guatemala Kategorie:Tale van Nicaragua Kategorie:Tale van Kanada Kategorie:Tale van Meksiko Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika