Hierdie artikel handel oor die dorpie in Noordwes. Vir ander gebruike, sien Pomfret (dubbelsinnig).

Pomfret is 'n woestyndorpie op die rant van die Kalahari-woestyn by 'n asbesmyn in Noordwes, Suid-Afrika. Baie van die inwoners is voormalige lede van die 32-Bataljon. Hulle is oorwegend Portugeessprekende Angolese soldate wat aan die kant van die Suid-Afrikaanse regering in Angola en Namibië geveg het. Teen die einde van die grensoorlog het hulle die polisie gehelp om wet en orde in die swart woonbuurte van Suid-Afrika te handhaaf.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noordwes