Die Swarttip-koningvis (Caranx heberi) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Persiese Golf tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Blacktip kingfish.

Voorkoms Die vis het 'n gevurkte stertvin met die boonste helfte wat swart is en die onderste helfte geel terwyl die anale en dorsale vinne tot helder geel kan wees. Die pektorale vinne is lank en op die agterste helfte van die sylyn is 'n ry verdikte skubbe. Die vis word 1 m lank en 14 kg swaar.

Habitat Die vis verkies rots- en koraalriwwe om in te leef in water wat van 5 – 20 m diep is terwyl die onvolwasse visse riviermondings en die vlak kuswater verkies om in te leef. Die vis eet vis wat op die riwwe leef, ansjovis, tjokka, garnale en klein krappe.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse