Die blouvin-koningvis (Caranx melampygus) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Bluefin kingfish of Bluefin trevally.
Voorkoms Die volwasse vis se kop en boonste gedeelte van die lyf is groenerig geel met blou vlekke en kolletjies op. Die bekken-, anale en dorsale vinne is blou. Die onvolwasse visse se bekken- en anale vinne is bleekwit tot dofwit en die pektorale vinne is geel. Die vis word tot 1,2 m lank en 4 kg swaar.
Habitat Die vis verkies rotsriwwe van 10 – 30 m water diep om in te leef en vreet hoofsaaklik vis op die riwwe gedurende die dag. Die wyfies skiet kuit gedurende die somer. Dit is 'n gesogte eetvis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Kategorie:Beenvisse