Hierdie artikel handel oor die rolprent. Vir die boek deur Boris Pasternak, sien Dokter Zjiwago.Doctor Zhivago'' (Russies: До́ктор Жива́го; Afrikaans: Dokter Zjiwago) is ’n epiese drama-romanse-oorlog-rolprent van 1965 wat deur David Lean geregisseer is en losweg op ’n roman van Boris Pasternak gegrond is. Dit was dekades lank gewild en is sedert 2010 die agtste mees winsgewende rolprent van alle tye in Amerika as inflasie in ag geneem word.

Storielyn Die raamwerk waarbinne die rolprent afspeel, is die KGB-offisier Yevgraf Zhivago (Alec Guinness) se soektog in die Sowjetunie na die buite-egtelike kind van sy halfbroer, die dokter en digter Yuri Zhivago (Omar Sharif), en sy minnares Lara Antipova (Julie Christie). Yevgraf glo ’n jong vrou met die naam Tonya Komarovskaya (Rita Tushingham) wat by ’n damprojek werk, is dalk sy broerskind.

Yevgraf vertel Tonya die verhaal van haar pa se lewe. Dit fokus op die liefdesdriehoek tussen Yuri Zhivago, sy vrou Tonya Gromeko (Geraldine Chaplin) en sy minnares Lara en speel hoofsaaklik af in die onstuimige tydperk 1912–1923, die jare van die Eerste Wêreldoorlog, die Russiese Rewolusie, die val van die regering van tsaar Nikolaas II en die beginjare van die Sowjetunie.

Danksy ’n balalaika ken Yevgraf haar eindelik as sy broerskind uit.

Toekennings Die rolprent het vyf Oscars gewen en is vir nog vyf benoem, waaronder beste rolprent. Dit het Oscars gewen vir: Beste kunsredigering Beste kinematografie Beste aangepaste draaiboek Beste kostuumontwerp Beste musiek

Verwysings

Eksterne bronne

Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Engelse rolprente Kategorie:Historiese rolprente