Die Suidelike rondloper (Emmelichthys nitidus nitidus) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, Australië, Nieu-Seeland, Tristan da Cunha en aan die Suid-Afrikaanse kus vanaf die Wes-Kaap tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Southern rover.
Voorkoms Die vis is rooierig van kleur met die bokant blouerig en die onderkant silwer wit. Die vis word tot 50 cm lank.
Habitat Hulle kom voor in water wat 100 – 500 m is. Hulle eet skaaldiere.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Emmelichthys-nitidus+nitidus.html
Kategorie:Beenvisse