Die koningvisse, geelsterte, pompano's, koninginvisse, leervisse en reënboogpylvisse (Carangidae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is twee-en-dertig genera met 143 spesies wat hoort tot dié familie en 54 van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lywe neig om lank te wees, bedek met klein skubbetjies en party spesies het duidelike sylyne. Die koningvisse het 'n ry verdikte skubbe op die agterste gedeelte van die sylyn. Die stertvin is diep gevurk. Die onvolwasse vissies lyk glad nie soos die volwasse visse nie.

Die meeste spesies is jagters en gewilde sportvisse.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Alectis Alectis ciliaris - Draadvin-spieëlvis Alectis indica - Indiese spieëlvis

Alepes Alepes djedaba - Krewel-skad

Carangoides Carangoides caeruleopinnatus - Kuskoningvis Carangoides ferdau - Bloukoningvis Carangoides fulvoguttatus - Geelspikkelkoningvis Carangoides gymnostethus - Bludger

Caranx Caranx heberi - Swarttip-koningvis Caranx ignobilis - Reuse-koningvis Caranx lugubris - Swartkoningvis Caranx melampygus - Blouvin-koningvis Caranx papuensis - Bronskoningvis Caranx sexfasciatus - Grootoog-koningvis Caranx tille - Tille-koningvis

Elagatis Elagatis bipinnulata - Reënboog-pylvis

Gnathanodon Gnathanodon speciosus - Goue koningvis

Lichia Lichia amia - Leervis

Naucrates Naucrates ductor - Loodsvis

Pseudocaranx Pseudocaranx dentex - Witkoningvis

Scomberoides Scomberoides commersonianus - Talang-koninginvis Scomberoides lysan - Dubbelkol-koninginvis Scomberoides tol - Naaldskub-koninginvis

Seriola Seriola dumerili - Grootgeelstert Seriola lalandi - Geelstert Seriola rivoliana - Langvin-geelstert

Seriolina Seriolina nigrofasciata - Swartband-koningvis

Trachinotus Trachinotus africanus - Suidelike pompano Trachinotus baillonii - Kleinkol-pompano Trachinotus blochii - Stompneus-pompano Trachinotus botla - Grootkolpompano

Trachurus Trachurus delagoa - Afrikaanse maasbanker Trachurus trachurus'' - Maasbanker

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse