Die Bloukoningvis (Carangoides ferdau) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die Ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Blue kingfish.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is blou-groen aan die bokant en silwerig aan die onderkant en het 5 - 7 donkerder vertikale strepe op die sye. Daar is ook onopsigtelike goue kolletjies op die lyf. Die vis word 70 cm groot en weeg dan 8  kg.

Habitat Die vis verkies sanderige areas en koraal- en rotsriwwe om in te leef. Die vis kom in klein skole voor en eet hoofsaaklik skaaldiere.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse