Die Rondlopers (Emmelichthyidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is drie genera met twaalf spesies wat hoort tot dié familie en drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die lywe is lank en die dorsale vin is aaneenlopend en die stertvin is gevurk. Die grootste gedeelte van die liggaam en kop is vol skubbe. Die grootte wissel van 16 – 60 cm en die familie is bodemvoeders wat voorkom in water wat 100 – 500 m diep is. As gevolg van die klein bevolking is die kommersiële waarde van die vis beperk.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Emmelichthys Emmelichthys nitidus nitidus - Suidelike rondloper

Erythrocles Erythrocles schlegelii - Japannese robynvis‎

Plagiogeneion Plagiogeneion rubiginosum - Robynvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse