duimnael|Die klub se embleem.|186x186px Panathinaikos (Grieks: Παναθηναϊκός Αθλητικός Όμιλος, letterlik: “Pan-Atheense Atletiekklub”) is 'n sportklub in die Griekse hoofstad Athene. Die klub is in 1908 gestig en hulle belangrikste sport is sokker en basketbal. Die naam Panathinaikos beteken “Al die mense van Athene” of “Pan-Atheneïes”. Die sokkerspan speel sy tuiswedstryde in die Olimpiese Stadion van Athene (wat 70 000 toeskouers kan akkommodeer). Die sokkerklub, Panathinaikos FC, speel in die Griekse Super Liga en het die nasionale titel 20 keer gewen. Die klub het ook in 1971 die eindstryd van die Europese Beker gehaal, waar hulle vir Ajax geklop het. Die klub kry sterk mededinging met 'n ander klub uit Athene: Olympiacos Piraeus. Hierdie derby staan wêreldwyd bekend as een van die strafste derbies: die Derby van die ewige vyande.
Erelys Sokker Kampioen Griekeland (20) 1929/30, 1948/49, 1952/53, 1959/60, 1960/61, 1961/62, 1963/64, 1964/65, 1968/69, 1969/70, 1971/72, 1976/77, 1983/84, 1985/86, 1989/90, 1990/91, 1994/95, 1995/96, 2003/04, 2009/10 Griekse Beker (18) 1940, 1948, 1955, 1967, 1969, 1977, 1982, 1984, 1986, 1988, 1989, 1991, 1993, 1994, 1995, 2004, 2010 Griekse Supercup (3)http://www.worldfootball.net/winner/gre-supercup/ 1988, 1993, 1994 Champions League (naaswenner (1): 1971) Balkan Cup 1977
Basketbal Europese kampioenskap (Euroleague) (6) 1996, 2000, 2002, 2007, 2009, 2011 Intercontinental-kampioenskap (1) 1996 Kampioen Griekeland (32) 1946, 1947, 1950, 1951, 1954, 1961, 1962, 1967, 1969, 1971, 1972, 1973, 1974, 1975, 1977, 1980, 1981, 1982, 1984, 1998, 1999, 2000, 2001, 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010, 2011 Griekse Beker (13) 1979, 1982, 1983, 1986, 1993, 1996, 2003, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009, 2012
Bekende sokkerspelers Djibril Cissé Simão Mate Junior Nasief Morris
Verwysings
Kategorie:Athene Kategorie:Sport in Griekeland