Elio Di Rupo (gebore 18 Julie 1951 in Morlanwelz, Hainaut) is 'n Belgiese skeikundige en politikus van die Parti Socialiste (PS).
Sedert 13 September 2019 beklee hy vir die derde maal die amp van eerste minister van die Waalse Gewes.Die Di Rupo III-kabinet bestaan uit die sosialistiese PS, die regsliberale MR en die groene Ecolo.
Vanaf 6 Desember 2011 tot 11 Oktober 2014 het hy die amp van eerste minister van België beklee en is opgevolg deur Charles Michel.
Di Rupo is die seun van Italiaanse immigrante en was baie jare lank afgevaardigde in die Belgiese parlement as ook 'n lid van die Europese Parlement gewees. Hy het as minister in die federale regering gedien. Van 1999 tot 2011 en sedert 2014 fungeer Di Rupo as voorsitter van die PS. Van 2000 tot 2018 was hy ook burgemeester van Mons gewees.
Elio Di Rupo, wat in België vir sy vlinderdas bekend staan, dra die eretitel 'staatsminister'.
Opleiding Di Rupo is een van sewe kinders van 'n Italiaanse gasarbeidergesin wat hulle in 1947 in België gevestig het. Sy pa is in Julie 1952 in 'n padongeluk oorlede sodat die kinders deur hul ma in moeilike omstandighede grootgemaak moes word. Vir Elio was dit al vroeg duidelik dat hy sy toekoms slegs deur 'n goeie opleiding sou kon verseker.
Di Rupo het 'n akademiese opleiding as skeikundige ontvang en 'n doktorsgraad aan die Université de Mons-Hainaut verwerf. Hier het Di Rupo ook 'n politieke bewussyn begin ontwikkel en by die Sosialistiese Party aangesluit waar hy erkenning vir sy humanistiese ideale van sosiale geregtigheid en vryheid van die indiwidu geniet.
Op 13 Februarie 1983 het Di Rupo die internasionale filmfees Festival international du film d'amour in die lewe geroep.
Verwysings
Eksterne skakels
Inligting op die webtuiste van die PS 'n Onderhoud met Elio die Rupo
Kategorie:Eerste Ministers van België Kategorie:Belgiese adjunk-premiers Kategorie:Belgiese burgemeesters Kategorie:Belgiese ministers Kategorie:Belgiese Vrymesselaars Kategorie:Belgiese wetenskaplikes Kategorie:Waalse politici Kategorie:Chemici Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense