2 April is die 92ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (93ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 273 dae in hierdie jaar.
Gebeure 999 – Pous Silvester II volg Pous Gregorius V op. 1285 – Pous Honorius IV volg Pous Martinus IV op. 1513 – Juan Ponce de León word die eerste Europeër om Florida te bereik en neem dit in besit vir die Spaanse kroon. 1801 – In die Napoleontiese Oorloë vernietig die Britte onder Horatio Nelson die Deense vloot tydens die Slag van Kopenhagen en verhinder so die stig van ´n anti-Britse bondgenootskap tussen Swede, Denemarke en Rusland. 1865 – In die Amerikaanse Burgeroorlog vlug president Jefferson Davis en die meeste van sy kabinet uit hul hoofstad Richmond. 1899 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word as priester gewy. 1917 – VSA-president Woodrow Wilson vra vir 'n oorlogsverklaring teen Duitsland. 1930 – Haile Selassie word aangewys as heerser van Ethiopië. 1953 – Francis Crick en James Watson verduidelik die dubbelheliksstruktuur van DNS. 1970 – Qatar word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1982 – Argentinië val die Britse Falklandeilande in en begin die Falklandoorlog. 1992 – Pierre Bérégovoy word Eerste Minister van Frankryk 1993 – Doom, alpha weergawe 0.4 word voltooi. 2002 – Israelimagte begin 'n beleg van die Geboortekerk in Betlehem met ongeveer 200 Palestyne binne. 2004 – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit aan by NAVO as lede. 2011 – Indië klop Sri Lanka in die eindstryd met 6 paaltjies en wen sodoende die tiende Krieketwêreldbeker in Indië, Sri Lanka en Bangladesj.
Geboortes 742 – Karel die Grote, Koning van die Franke en Keiser van die Heilige Romeinse Ryk († 814).
1647 – Maria Sibylla Merian, Switserse natuurwetenskaplike en kunstenaar († 1717). 1725 – Casanova, Italiaanse avonturier en skrywer († 1798). 1805 – Hans Christian Andersen, Deense skrywer († 1875). 1827 – William Holman Hunt, Engelse skilder († 1910). 1840 – Émile Zola, bekende Franse skrywer († 1902). 1875 – Walter Chrysler, Amerikaanse nyweraar, pionier van die motorbedryf († 1940). 1882 – Deneys Reitz, Suid-Afrikaanse kabinetsminister, soldaat en skrywer († 1944). 1882 – Pauline Janet Smith, Suid-Afrikaanse skrywer († 1959). 1891 – Max Ernst, Duitse skilder († 1976). 1914 – Alec Guinness, Engelse akteur († 2000). 1920 – Jack Webb, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 1982). 1926 – Jack Brabham, Australiese Grand Prix-renjaer († 2014). 1928 – Serge Gainsbourg, Franse digter, sanger, komponis, akteur, regisseur en skilder († 1991). 1928 – Dolly Rathebe, Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres. († 2004). 1934 – Brian Glover, Britse akteur, skrywer en stoeier. († 1997). 1939 – Marvin Gaye, Amerikaanse sanger († 1984). 1940 – Penelope Keith, Engelse aktrise († 2026). 1945 – Linda Hunt, Amerikaanse aktrise. 1965 - Rodney King, Amerikaanse aktivis († 2012). 1969 – Mariella Ahrens, Duitse aktrise. 1977 – Michael Fassbender, Iers-Duitse akteur. 1992 – Lizelle Lee, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes 1013 – Teenpous Johannes XVI, in Fulda (onbekend). 1502 – Prins Arthur Tudor, ouer broer van Hendrik VIII van Engeland (* 1486). 1872 – Samuel Morse, uitvinder en ontwerp van die telegraaf en Morse-kode (* 1791). 1875 – Karel Landman, Voortrekkerleier en tweede in bevel tydens die Slag van Bloedrivier (* 1796). 1902 – Joachim Petrus Prinsloo, Boerekommandant (* 1864). 1974 – Georges Pompidou, President van Frankryk (* 1911). 1981 – Nico Malan, administrateur van Kaapland (* 1903). 1986 – Ben Schoeman, Suid-Afrikaanse minister (* 1905). 1989 – Inez Clare Verdoorn, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1896). 1994 – Betty Furness, Amerikaanse aktrise en skrywer (* 1916). 2005 – Pous Johannes Paulus II, die 264ste pous (* 1920). 2013 – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemwêreldrekordhouer. (* 1952). 2018 – Winnie Madikizela-Mandela, anti-apartheidsaktivis en gewese vrou van Nelson Mandela (* 1936).
Kategorie:April