Die Swaardvisfamilie (Xiphiidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Slegs een genus met een spesie, naamlik die Swaardvis, behoort tot dié familie. Die spesie kom onder meer aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die vis van die familie se uitsonderlike kenmerk is die lang bo-kaak en die snawel wat daaraan vas is. Verder het die vis nie bekkenvinne nie. Hulle word tot 4.5 m groot en weeg 450 kg en kom voor in die oop oseaan.

Genus Die enigste genus kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Xiphias Xiphias gladius - Swaardvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse