Die artikel handel oor die Pasifiese bloumarlyn, vir die Atlantiese bloumarlyn, sien Bloumarlyn.
Die Pasifiese bloumarlyn (Makaira mazara) is 'n vis wat in die Indiese- en Stille Oseane, noord van die 30° S-breedtegraad voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Pacific blue marlin.
Voorkoms Die kop en lyf is donkerblou aan die bokant en silwerwit aan die onderkant met 15 nou, ligblou, vertikale bande oor die lyf. Die vis het 'n lang snawel, word tot 4,5 m lank (snawel ingesluit) en weeg tot 906 kg.
Habitat Die vis kom voor in die oopsee en word selde op die kontinentale bank gevang. Hulle eet tjokka en vis - hoofsaaklik scombrids.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Makaira mazara by FishBase
Kategorie:Beenvisse