Die Grysvetsak (Kyphosus bigibbus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee, Oman en van Maputo tot by Valsbaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Grey chub.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwergrys, die skubbe se rante is bruin wat horisontale lyne op die liggaam vorm. Die operkulum se rant is donkerbruin terwyl daar twee bruin skuins strepe afwaarts loop van die mond tot by die pektorale vinne. Die vis word 75 cm lank en 10 kg swaar.

Habitat Die vis kom in vlak koraal- en rotsriwwe voor. Hulle is grootliks herbivore, partykeer vreet hulle alge saam in groot groepe. Dit is 'n gewilde eetvis.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.us/summary/Kyphosus-bigibbus.html

Kategorie:Beenvisse