Die Maanskynvisse (Monodactylidae) is 'n vis-familie wat aan die orde Perciformes behoort. Die familie bevat drie genera met minstens 5 spesies. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

duimnael|250px|links|Die Natalse maanskynvis, Monodactylus argenteus, is 'n populêre keuse vir akwariums.

Agtergrond Die visse van die familie kan leef in sout- of varswater. Hulle is klein, 20 tot 25 cm lank, en vorm skole. Hulle leef hoofsaaklik van soöplankton. Die lyf is ovaalvormig en met klein skubbetjies bedek.

Genus Die volgende spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Monodactylus Monodactylus argenteus - Natalse maanskynvis Monodactylus falciformis - Kaapse maanskynvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse