'n Piesang is 'n langwerpige en effens gebuigde vrug, afkomstig van 'n tropiese plant bekend as 'n piesangboom. In Indonesiese geregte word piesang meestal "pisang"etymologiebank.nl s.v. pisang (sic) genoem, die Maleise woord vir die vrug.

'n Piesangboom is in werklikheid 'n krui, en die grootste krui ter wêreld. Volgens die tuinboukundige definisie word die piesang egter as 'n groente gereken terwyl dit kulinêr as 'n vrug beskou word, vanweë sy soet smaak.

'n Akker piesangbome produseer dieselfde hoeveelheid voedsel as veertig akkers aartappels of een honderd drie en dertig akkers koring.The Consolidated Encyclopedia – The Consolidated World Research Society, Ltd., 1946

Eienskappe van die vrug By piesangs kan onderskei word tussen dié wat rou geëet kan word, sogenaamde nageregpiesangs (Engels: dessert banana) soos die Giant Cavendish, en dié wat meer geskik is om gekook of gebak te word, sogenaamde kookpiesangs (Engels: cooking bananas).

'n Gewone nageregpiesang het 'n dik skil wat maklik vanaf die vrugvlees loskom en met die hand geskil kan word. Die vrug is, soos dit in Suid-Afrika voorkom, meestal geel, alhoewel piesangs ook in ander kleure, byvoorbeeld rooi en pers, voorkom.

Produksie + Top dertien piesangprodusenteInsluitende sg. "Plantains". (In Uganda maak dit 95% uit) Land 2011 (mil. ton) 2016 (mil. ton) 2022 (mil. ton) 28,5 29,1 34,5 10,7 13,1 11,8 5,2 4,3 10,4 9,2 8,9 9,0 6,0 7,0 9,2 8,0 6,4 7,1 6,9 7,3 6,8 6,9 1,1 5,5 5,5 1,2 5,5 5,0 2,7 4,1 5,0 2,6 3,0 4,9 2,6 3,0 4,6 3,3 4,1 3,1 2,1 2,2 2,6 Wêreld 142,7 148,4 179,3Bron:

duimnael|links|200px|Piesangtrosse word vervoer in Tanzanië

Verwysings

Eksterne skakels

Universiteit Stellenbosch – Piesangproduksie in Afrika Uitgebreide voedingswaardetabel vir piesangs Presentaties over de werking van een bananen rijpcel

Kategorie:Eensaadlobbige plante Kategorie:Tropiese vrugte