Die vetsakke (Kyphosidae) is 'n familie van visse in die orde van baarsagtiges (Perciformes). Die familie bestaan uit 17 genera met minstens 45 spesies. Vier van hierdie spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die visse van die familie het een opvallende kenmerk: die slegte reuk wat deur die ingewande afgegee word wanneer die visse skoongemaak word. Hulle word tussen 50 – 75 cm groot.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Kyphosus Kyphosus bigibbus – Grysvetsak Kyphosus cinerascens Kyphosus vaigiensis – Bronsvetsak

Neoscorpis Neoscorpis lithophilus – Stinkvis

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse