Die Kinnebak (Parascorpis typus) is 'n vis en endemies aan Suid-Afrika en kom voor van Valsbaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Jutjaw. Klassifikasie onseker, die vis word soms by die Kyphosidae of Scorpididae families ingedeel wat verkeerd is.

Voorkoms Die vis is dof grysbruin en die binnekant van die mond en kieuholtes is wit. Die vis word tot 60 cm lank.

Habitat Die vis leef by riwwe in water wat 15 – 200 m diep is en vreet soöplankton.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.us/summary/Parascorpis-typus.html

Kategorie:Beenvisse