Die Seilvin-rubberlip (Diagramma centurio) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan vanaf Kenia tot by Durban, en benewens om Madagaskar, die Comore-eilande en Seychelle.

Voorkoms Die vis is silwergrys met verskeie bruin of swart spikkels aan die bokant van die lyf. Die dorsale vin is baie lank. Die vis word 1 m lank. Die onvolwasse vissies is grys of geel met 'n breë band oor die middellangs oor die lyf, van die kop tot aan die stertvin. Soos die vissie groei word die donker bane meer en as die vis langer as 20 cm raak breek die bane op as kolletjies.

Habitat Die vis kom voor by koraalriwwe in water van 3 – 50 m diep. Die onvolwasse visse hou in seegrasbeddings. Dit is 'n goeie tafelvis.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Diagramma-centurio.html

Kategorie:Beenvisse