Die Knorders, Rubberlippe en Soetlippe (Haemulidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die Suid-Afrikaanse knorders behoort aan hierdie familie, wat in totaal 18 genera en minstens 120 spesies insluit. Negentien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die visse van die familie wissel van medium-grootte tot groot, naamlik 2 cm tot 1 m. Hulle het langwerpige lywe en beskik oor al die vinne: dorsaal, pektoraal, bekken, anaal en stert. Hulle verkies vlakker water waar hulle monde sand van die bodem opsuig, die voeding uitfiltreer en die sediment deur hulle kieue uitblaas.

Genera Die bekendste genus is Pomadasys waaraan die Knorders behoort.

Diagramma Diagramma centurio - Seilvin-rubberlip

Plectorhinchus Plectorhinchus chubbi - Donkerrubberlip Plectorhinchus flavomaculatus - Lemmetjievis Plectorhinchus gaterinus - Swartspikkel-rubberlip Plectorhinchus plagiodesmus - Balk-rubberlip Plectorhinchus playfairi - Witbalk-rubberlip

Pomadasys Pomadasys commersonnii - Knorhaan Pomadasys furcatum - Grysknorder Pomadasys kaakan - Spiesknorder Pomadasys maculatus - Saalknorder Pomadasys multimaculatus - Haanknorder Pomadasys olivaceus - Varkie Pomadasys striatus - Gestreepte knorder

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse