Die swartrugmeeu of kelpmeeu (Larus dominicanus) is 'n seevoël in die orde van die steltloperagtiges. Dit kom wydverspreid voor op strande, kusstroke en eilande van die Suidelike Halfrond.

Verspreiding Dit word aan die hele Suid-Afrikaanse en Namibiese kuslyn gevind, benewens dié van suidelike Madagaskar, suidelike Suid-Amerika, oostelike en suidoostelike Australië, Tasmanië, Nieu-Seeland en eilande en kusgebiede van en aanliggend aan die Suidelike Oseaan.

Subspesies Daar is vyf erkende subspesies. Subspesie L. d. vetula is inheems aan die Suider-Afrikaanse kuslyn, en word soms as 'n aparte spesie, die Kaapse meeu L. vetula beskou. Dit het 'n meer hoekige kopvorm as die ander, benewens 'n kleiner en korter snawel. Die volwassene het 'n donker oog, teenoor die nominaatsubspesie wat meestal 'n bleek oogkleur het. Die gewaad van jong Kaapse meeue is effektief identies aan ander swartrugmeeue van dieselde ouderdomklas. Beeld Subspesie Verspreiding120px L. d. dominicanus (Lichtenstein, 1823) Suid-Amerika, Falkland-eilande, Suid-Georgië, Australië en Nieu-Seeland120px L. d. vetula (Bruch, 1853) Suidelike Afrika L. d. judithae (Jiguet, 2002) sub-antarktiese eilande van die Indiese Oseaan L. d. melisandae (Jiguet, 2002) suidelike en suidwestelike Madagaskar120pxL. d. austrinus (Fleming, 1924) Antarktika en Antarktiese eilande Die swartrugmeeu is 'n skaars swerwer in die Verenigde State, met 'n eerste aantekening in 1989 op die Chandeleur-eilande in Louisiana. Hier het hulle met die Amerikaanse haringmeeu gekruisteel, sodat telge met intermediêre kenmerke voortgebring is. Tydens 2005 se Orkaan Katrina is broeibevolkings van albei spesies en hul kruisings van die eiland verdryf. Vermoedelike kruisings wat elders opgemerk is kan die gevolg van addisionele buitelandse kolonies wees.

Voorkoms duimnael|regs|Volwassene by 'n donsbedekte kuiken aan die Wes-Kaapse kus Die voël is wit met 'n swart rug en vlerke. Die snawel is geel met 'n kenmerkende oranje kol op die ondersnawel.

Habitat en gewoontes Die swartrugmeeu vang kos langs die hele kuslyn en maak nes op eilande of in klowe. Hulle snuffel op die strand vir vis, sandmossels, klipmossels en jong voëltjies. Hulle het die gewoonte om skulpvis op die rotse te laat val sodat dit kan oopbreek. Hulle aas ook op ashope vir kos, en is uiters lastig by hengelaars wat hul aas onbewaak op die strand agterlaat.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Meeue