Die trekkormorant (Phalacrocorax capensis) is 'n seevoël wat aan die hele kuslyn van Suider-Afrika voorkom en endemies is aan suidelike Afrika. In Engels staan hulle bekend as die Cape cormorant.

Voorkoms duimnael|280px|links|'n Trekkormorant maak sy vere droog in Kaapstad, Suid-Afrika

Die voël is swart met geel om die basis van die snawel. Die onvolwassenes is bruin sonder enige geel.

Habitat en gewoontes Hierdie kormorant vang vis en slaap en broei op eilande. Hulle kan alleenlopers wees of in swerms voorkom. 'n Kenmerk van die voëlswerms is dat hulle in lang golwende strepe oor die see vlieg. Hulle maak nes in vlak holtes uitgevoer met takkies en stokkies. Hulle is meer volop aan die Weskus.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000.

Verwysings

Kategorie:Kormorante