Die gewone sterretjie of gewone seeswael (Sterna hirundo) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die common tern.
Voorkoms Die gewone sterretjie is 'n mediumgrootte grys voël met 'n wit onderkant en 'n swart mus. Die snawel word rooi met 'n swart punt gedurende broeityd. Die voël lyk amper soos die Arktiese sterretjie (Sterna paradisaea) maar die pote en snawel is langer.
Habitat en gewoontes Die voël vang vis aflandig en slaap op strande en riviermondings. Dit is 'n groepsvoël en word aangetref in die geselskap van meeue en ander sterretjies. Hulle broei in Europa of noordelike Asië en arriveer in die Suidelike Halfrond in die lente en somer.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000.
Verwysings
Kategorie:Sterretjies