duimnael|links|T. b. cristatus vertoon in Tasmanië duimnael|links|Die eier van T. bergii is lig en donker gespikkeld, maar is donkerder aan die breë kant duimnael|links|T. bergii velox broeiend op 'n kuiken en eier in die Persiese Golf

Die geelbeksterretjie (Sterna bergii) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika, van Walvisbaai tot in Mosambiek, voorkom. Naas die reusesterretjie is dit die grootste sterretjie in Suider-Afrikaanse waters. Dit versamel dikwels saam met ander kleiner sterretjies, waar hulle maklik aan hul grootte en geel snawels onderskei word.

Voorkoms Die geelbeksterretjie is 'n groot grys voël met 'n wit onderkant en 'n swart mus. Die snawel is geel en die pote is swart. In vlug is die vlerkslae vinnig en die vlerkpunte omskryf 'n wye boog.

Habitat en gewoontes Dit is 'n groepsvoël wat in groot swerms aangetref word. Hul visprooi word aflandig naby die wateroppervlak gejag. Hulle rus en oornag op strande. Die voëls broei op aflandige eilande, soos veral Dyer-eiland, of nader aan die kus. Hulle broei oor die wintermaande, Maart tot Oktober. Die neste word dig teen mekaar op oop gelyktes ingerig. Dié is slegs 'n holte met 'n effens voering, waarin een of twee eiers gelê word.

Ander name Ander name sluit in geelbekseeswael en vlugge seeswael. In Engels staan dit as die swift tern bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000.

Verwysings

Kategorie:Sterretjies