Embeth Davidtz (gebore 11 Augustus 1965) is 'n Afrikaans- en Engelstalige aktrise. Sy is bekend vir die rol van Tessa in die P.G. du Plessis-film, Nag van die negentiende asook vir die talle Engelse rolprente waarin sy gespeel het.
Davidtz is op 11 Augustus 1965 in Lafayette, Indiana, VSA gebore, maar verhuis op 'n jong ouderdom na Suid-Afrika. Sy studeer aan die Rhodes-universiteit waar sy haar graad verwerf. As volwassene keer sy terug na die Verenigde State en begin haar loopbaan as aktrise. Haar eerste rol was by die National Theatre Company in Romeo and Juliet, waarvoor sy goeie kritiek ontvang. Daarna verhuis sy na Los Angeles, waar sy begin met kleiner rolle in NBC-films.
Sy is op 22 Junie 2002 met Jason Sloane getroud. Haar seun, Asher is op 7 Oktober 2005 gebore en haar dogter, Charlotte Emily, in 2002.
Vroeë lewe Davidtz is gebore terwyl haar vader chemiese ingenieurswese aan die Purdue Universiteit studeer het. Haar ouers, John en Jean, verhuis later na Trenton, New Jersey, en dan terug na hul geboorteland Suid-Afrika toe Davidtz nege jaar oud was. Davidtz is van Nederlandse, Engelse en Franse afkoms. Sy moes Afrikaans leer voordat sy skoolklasse in Suid-Afrika kon bywoon. Haar pa het 'n doseerpos by die Potchefstroomse Universiteit beklee. Davidtz gaan skool in 1983 aan die Glen High School in Pretoria en studeer daarna aan Rhodes Universiteit in Grahamstad.
Debuut en vroeë loopbaan Davidtz maak haar toneelspeldebuut op 21-jarige ouderdom saam met CAPAB (Cape Performing Arts Board, nou bekend as Artscape) in Kaapstad. Sy speel Juliet in 'n verhoogproduksie van Romeo en Juliet in die Maynardville Opelugteater. Sy speel in Engels en Afrikaans en speel ook in ander plaaslike toneelstukke, waaronder Stille Nag (Silent Night) en A Chain of Voices, waarmee sy in albei benoemings ontvang.
Sy maak haar filmdebuut in 1988 met 'n klein rol in die Suid-Afrikaans verfilmde Amerikaanse riller Mutator. Kort daarna wen sy 'n groter rol in die Suid-Afrikaanse televisieprogram A Private Life, as die dogter van 'n gemengde huwelik. In 1990 wen sy 'n DALRO-toekenning vir beste vroulike byspeler vir haar werk in die toneelstuk Houd-den-bek. Vir dieselfde toneelstuk is sy in 1991 genomineer vir die Esther Roostoekenning vir beste aktrise in 'n ondersteunende rol in Afrikaanse rolprente. Steven Spielberg het haar optrede in die 1992 Suid-Afrikaanse rolprent Nag van die Negentiende opgemerk en haar die rol van Helen Hirsch in Schindler's List aangebied.
Filmografie Jaar Titel Rol Notas1989MutatorJennifer1989Screen TwoOlder KarenEpisode: "A Private Life"1990Sweet MurderLaurie Shannon1992Till Death Us Do PartKatherine PallikoTV-fliek1991Nag van die negentiendeTessaDraaiboek deur P.G. du Plessis1992Army of DarknessSheila1992Deadly MatrimonyDianne MastersTV-fliek1993Schindler's ListHelen Hirsch1995Murder in the FirstMary McCasslin1995Feast of JulyBella Ford1996MatildaMiss Jennifer Honey1997The Garden of RedemptionAdrianaTV-fliek1998Last RitesDr. Lauren RiggsTV-fliek1998FallenGretta Milano1998The Gingerbread ManMallory Doss1999Simon MagusLeah1999Mansfield ParkMary Crawford1999Bicentennial Man"Little Miss" Amanda Martin / Portia Charney2001Bridget Jones's DiaryNatasha2001The HoleDr. Philippa Horwood2001Thir13en GhostsKalina Oretzia2001Citizen BainesEllen Baines Croland7 episodes2002ShackletonRosalind ChetwyndTV-fliek2002The Emperor's ClubElizabeth2004ScrubsMaddieEpisode: "My Tormented Mentor"2005JunebugMadeleine Johnsten2006Grey's AnatomyNancy Shepherd (nie gekrediteer nie)Episode: "Let the Angels Commit"2007FractureJennifer Crawford2008In TreatmentAmy8 episodes2009FragmentsJoan Laraby2009Mad MenRebecca PryceEpisode: "Love Among the Ruins"Episode: "The Color Blue"2009CalifornicationFelicia Koons9 episodes20103 BackyardsThe Actress2011The Girl with the Dragon TattooAnnika Blomkvist2024Don't Let's Go to the Dogs TonightNicola FullerHaar debuutrolprent as regisseur
Verwysings
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van Rhodes-universiteit