Die Jakopewer (Helicolenus dactylopterus) is 'n vis wat voorkom in die Middellandse See en weerskante van die Atlantiese Oseaan. In Suider-Afrika kom die vis voor aan die weskus vanaf Angola tot by die Tugelarivier. In Engels staan die vis bekend as die Jacopever of Blackbelly rosefish.
Voorkoms Die vis is gelerig-oranje van kleur. Die pens is wit en die binnekant van die mond is swarterig. Op die lyf is donkerder bane wat vertikaal strek. Die vis word 40 cm lank.
Habitat en gewoontes Die vis kom voor in water wat 55 – 550 m diep is. Hulle hou van rotsagtige, sagte plekke om in te woon op die bodem. Hulle skiet kuit in die winter.
Sien ook Kaapse rooibaars (verwant) Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel Helicolenus dactylopterus by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse