Koos Roets (1943-) is 'n bekroonde Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en kinematograaf.
Roets begin sy loopbaan in die rolprentbedryf in 1962 as 'n assistent kameraman vir Jamie Uys. Later begin hy om self die regie van rolprente te behartig en werk in beide Suid-Afrika en Australië. Hy het verskeie toekennings ontvang of is daarvoor benoem, insluitende: 4 Artes-toekennings, 2 Rapport-Oscars, 3 ATKV-toekennings, 4 Star Tonight-toekennings asook die Stephen Farrell Lifetime Achievement Award vir uitmuntende kinematografie.
Filmografie As regisseur: 2008 Transito (TV-reeks) Running Riot, 2006 Dryfsand, 2006 (TV-reeks) Kaalgat tussen die Daisies, 1997 Grondbaronne, 1993 (TV-reeks) Nag van die negentiende, 1992 The Angel, the Bicycle and the Chinaman's Finger, 1991 Brutal Glory (video), 1990 The Sandgrass People, 1989 Wie Laaste Lag, 1985 Die Groen Faktor, 1984 Koöperasiestories (TV-reeks), 1983 Kootjie Emmer, 1977 Daar kom tant Alie, 1976 Die Sersant en die Tiger Moth, 1974 Babbelkous en Bruidegom, 1974 Vlug van die seemeeu, 1972 Die Erfgenaam, 1971 en andere.
Kinematografie Abraham, 2013 Die Geheim van Nantes, 1969 Jannie totsiens, 1970 Eendag op 'n Reëndag, 1975 Somer, 1975 Paljas, 1998 Die Wonderwerker, 2012 Faan se Trein, 2013 en andere.
Eksterne skakels Roets se IMDB-profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1943