Die papiervis (Taenianotus triacanthus) kom voor in die Indies-Pasifiese area en langs die ooskus van Afrika van Kenia tot by Park Rynie. In Engels staan die vis bekend as Paperfish.

Voorkoms Die kop en liggaam is redelik kompak; die vissie word nie groter as 12 cm nie. Die skubbe is baie klein. Die kleur varieer van rooi, pienk, pers, bruin, geel of selfs swarterig.

Habitat en gewoontes Die vis verkies koraalriwwe en sanderige seebodems in water wat nie dieper as 135 m is nie. Hulle is alleenlopers en vervel gereeld. Die vis kan in akwariums oorleef.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Taenianotus-triacanthus.html

Kategorie:Beenvisse