Umzumbe is 'n nedersetting langs die Indiese Oseaan in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Umzumbe is net suid van Hibberdene. Die N2 nasionale pad en R102 gaan naby Umzumbe verby. Dit is die geboorteplek van die huidige Minister van Polisie, Bheki Cele.

Etimologie Umzumbe is geleë suid van die monding van die Mzumberivier, waarvan dit sy naam kry; van Zoeloe-oorsprong. Die naam beteken die slegte, gevaarlike of kronkelende een.

Ontspanningsareas Umzumbe het een strand, die Umzumbe Beach wat 'n Blouvlagstrand is. Nabygeleë en groter strande op die Laer-Suidkus sluit Hibberdene, Ramsgate, St Michael's-on-Sea, Uvongo, Margate en Marina Beach in. Nog 'n ontspanningsgebied is die Umzumbe Surf Camp.

Sien ook Umzumbe Plaaslike Munisipaliteit, gelyknamige munisipaliteit. Die nedersetting Umzumbe lê egter in die Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal