Mtwalume is 'n oord en dorpie aan die Indiese Oseaan in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorpie lê aan die rivier met dieselfde naam wat 56 km na die binneland by Ixopo ontspring. Die naam verwys na 'n sekere boomsoort wat aan die oewers groei wat die Zoeloes as 'n tradisionele middel teen disenterie gebruik.

Die N2 nasionale pad gaan naby die dorpie verby.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal