duimnael|links|upright|Avianca se hoofkantoor in Bogotá Avianca is die nasionale en die grootste lugredery van Colombia en die tweede grootse in Suid-Amerika. Avianca is 'n Spaanse afkorting vir Aerovías del Continente Americano SA, wat beteken: Lugredery van die kontinentale Amerikas, Bpk. Hulle hoofkantoor is in Columbia se hoofstad, Bogotá geleë. Dit is een van die oudste lugrederye ter wêreld.

Tans bedryf Avianca, saam met sy filiaal SAM, gemiddeld 290 vlugte daagliks vanaf sy spilpunt in Bogota na 18 binnelandse en 19 internasionale bestemmings.

Benewens SAM, het Avianca nog drie filiale: OceanAir van Brasilië, Avianca Ecuador (Avianca Ecuador het ontwikkel uit Aerogal wat VIP Ecuador van Ecuador in 2012 geïnkorporeer het) en Wayra van Peru.

Geskiedenis Avianca is op 5 Desember 1919 in die stad Barranquilla gestig as Sociedad Colombo Alemana de Transporte Aéreo (Scadta), wat dit na KLM die oudste oorlewende lugredery ter wêreld maak. Die maatskappy het sy huidige naam op 14 Junie 1940 gekry toe Scadta en die Servicio Aéreo Colombiano (Saco) saamgesmelt het om Aerovías Nacionales de Colombia SA (Avianca) te vorm.

In die vroeë 2000's het Avianca om bankrotskap aansoek gedoen, maar is deur die Boliviaanse oliemagnaat Efromovich geborg.

Avianca is deel van Avianca Holding SA. Laasgenoemde is in Februarie 2010 geskep ná 'n samesmelting tussen Avianca en Transportes Aéreos Centroamericanos (Taca). Taca is in 1931 in Honduras gestig. In Mei 2011 is die belang op die Bolsa de Valores de Colombia genoteer en in November 2013 is dit op die New York Aandelebeurs genoteer (Ticker-simbool: AVH). In 2018 het die beheermaatskappy verkope van VS$ 4,0 miljard en ’n netto wins van VS$1,1 miljoen gehad. 30,5 miljoen passasiers en 'n halfmiljoen ton vrag is vervoer. Dit het byna 22 000 werknemers gehad. Op 31 Maart 2020 was die twee grootste aandeelhouers BRW Aviation LLC met 'n belang van 51,5% en Kingsland Holdings Bpk met 'n belang van 14,5%.

Die beheermaatskappy het op 11 Mei 2020 om uitstel van betaling aansoek gedoen weens die Covid-19-pandemie.

Vloot Avianca het in Maart 2007 'n bestelling vir 12 Boeing 787 Dreamliners geplaas. Dit maak Avianca die eerste Suid-Amerikaanse klant vir die nuwe Boeing-vliegtuig. Daarbenewens het die Colombiaanse vervoerder koopregte ontvang vir nog 8 Dreamliners 'wat steeds in opsie is'.

Die 787's is vanaf 2010 by die vloot gevoeg. Die Dreamliners het Avianca se huidige vloot van 767's vervang, wat destyds hoofsaaklik vir langafstandvlugte gebruik is. 10 Airbus A330 en A350 is ook bestel, waarvan 7 A330's reeds afgelewer is en van die A350 nog nul.

Aktiewe vloot Die aktiewe vloot van Avianca bestaan ​​(Okt 2022) uit 100 vliegtuie.

VliegtuigIn vlootBestelEnjinPassasiersDiensOpmerkingBETotaalBoeing 787-813–Rolls-Royce Trent 1000250Ultralangbereik internasionale vlugte.Eerste aflewering in 2012Airbus A320-2005612CFM56-512138150Fort Lauderdale, Miami, Meksiko, Panama, Oranjestad, Lima, Caracas, Guayaquil, NasionaalGelewer op 23 Februarie 2008.Avianca Mostró Su Airbus 320, El Primero De 60, El Tiempo, 14 Maart 2008Airbus A319-100150CFM56-512108120New York, Santo Domingo, Orlando, Washington, Meksiko, Salvador, Punta Cana, Santiago, Guayaquil, NasionaalDie eerste is gelewer op 20 April 2008.Avianca incorpora a su flota segunda aeronave Airbus, 22 April 2008Airbus A320neo14162CFM56-51288100Miami, Panama, Oranjestad, Willemstad, Guayaquil, Valencia (VEN)Airbus A330-20040Rolls-Royce Trent 70030222252Buenos Aires, São Paulo, Miami, New York, Santiago, Caracas, Madrid, Barcelona, LondenEerste is gelewer op 30 September 2008.Avianca se alista para presentar su nuevo avión Airbus, eerste lewering, 30 Oktober 2008Avianca CargoAirbus A330-200F4—Rolls-Royce Trent 700N/AKort internasionale vlugteTotaal100176

Ongeluk Op 25 Januarie 1990 het 'n Avianca Boeing 707 in Cove Neck, New York, neergestort. Avianca-vlug 52 was onderweg vanaf Bogotá, met 'n oornagstop in Medellín, na die John F. Kennedy Internasionale Lughawe. Die ongeluk het 65 van die 149 passasiers en 8 van die 9 bemanningslede laat sterf. Dit het gou duidelik geword dat die ongeluk weens 'n gebrek aan brandstof was. Die weerstoestande was sleg en baie vlugte is herlei. Vlug 52 is uitgestel. Weens 'n fout deur die bemannings kon die vliegtuig nie betyds land nie en het 'n paar kilometer van John F. Kennedy Internasionale Lughawe neergestort.

Verwysings

Eksterne skakels Webblad van die lugvaartmaatskappy Avianca Inligting oor Avianca Holdings

Kategorie:Colombia Kategorie:Lugrederye