Die Vals-engelsman (Chrysoblephus lophus) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is en voorkom van Richardsbaai tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die False englishman seabream.

Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwerwit met 5 - 8 rooierige vertikale breë strepe oor die lyf. Daar is ook klein blou kolletjies op die skubbe wat op die lyf is. Die vis word 50 cm lank en 3 kg swaar.

Habitat Die vis kom voor in rots- en koraalriwwe in water wat 20 – 150 m diep is. Die wyfies skiet kuit gedurende die lente. Dit is 'n gewilde eetvis.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Chrysoblephus-lophus.html http://eol.org/pages/217993/overview

Kategorie:Beenvisse