Jan Hoogendyk, beter bekend as onder sy verhoognaam Elvis Blue, is 'n sanger en liedjieskrywer.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die naam Elvis Blue het hy in 2008 begin gebruik nadat hy ’n seun met die naam Elvis Blaauw in ’n kinderhuis ontmoet het. Die seun is in 2009 oorlede. Van sy treffers sluit in Rede om te glo, Toe ons jonk was, Die hemel en Spore.

Elvis was die mentor van Faraway George en Natasha Zaaiman in die huidige realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak op VIA op DStv. Albei het reeds uitgeval.

Lewensloop Jan Hoogendyk is op 28 Desember 1979 in Linden, Johannesburg gebore. Daar het reeds vyf albums van hom verskyn — drie onder die naam Mono en twee onder sy eie naam — voordat hy in 2010 as Elvis Blue die Suid-Afrikaanse Idols-kompetisie gewen het. ’n Gelyknamige album verskyn in November 2010 en behaal platinumstatus. In 2012 ontvang hy die Sama-prys vir beste volwasse kontemporêre album. Sy album, Journey, wen in 2013 die Sama-prys vir beste Engelse kontemporêre album.

Hoogendyk is 'n kitaar-onderwyser en het met minderbevoorregte kinders in sy tuisdorp gewerk. Een van sy vriende, wat Elvis Blaauw geheet het, is op 12-jarige ouderdom aan vigsverwante komplikasies oorlede. Die vriend het aan hom gesê dat sy droom is om eendag 'n musikant te wees.Audition tape to Idols Hoogendyk het besef dat sy eie naam nie by Engelse popmusiek pas nie, en het die naam as sy verhoognaam aangeneem.

Elvis is met Chireze Hoogendyk getroud. Die egpaar het twee dogters, Lila en Jua.Elvis Blue's April Fools DayElvis Blue proud Dad again

Diskografie duimnael|links|Elvis Blue tydens 'n optrede.

Enkelspelers 2010: "Things My Father Said" 2011: "Lighthouse" 2011: "Save Me" 2012: "Right here, Right now" 2012: "Lifeline" 2012: "That's what we do" 2013: "Not gonna say Goodbye" 2013: "Rede om te glo" 2013: "Spore" 2014: "Toe ons jonk was" 2014: "Mooi" 2015: "Shine"

Albums 2011: "Lightly Tread" 2010: "Elvis Blue" 2012: "Journey" 2013: "Afrikaans"

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense