Die gladde perdvis (Congiopodus torvus) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf Walvisbaai tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Smooth horsefish.
Voorkoms duimnael|links|Individu buite Simonstad in water van 30 meter diepte Die vis is bruingeel van kleur terwyl die onvolwassenes ligter van kleur is en die vis word 76 cm lank. Die dorsale vin is lank, feitlik van die voorkop tot by die stertvin en het 20 - 21 stekels. Die pektorale en bekken vinne is langer as die kop. Die volwasse vis het nie skubbe nie.
Habitat en gewoontes Die vis kom voor in rots riwwe en sagte bodems in water wat van 10 – 146 m diep is. Die vis is eetbaar maar word selde geëet.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Congiopodus-torvus.html
Kategorie:Beenvisse