Die Swartband-kardinaal (Apogon cookii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese - Pasifiese area, die Rooisee en die ooskus van Afrika van Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Blackbanded cardinal.

Voorkoms Die volwasse vis is 10 cm lank, witterig van kleur met ses donker horisontale strepe oor die kop en lyf. Op die basis van die stertvin is 'n swart kol.

Habitat Die vis kom voor in koraalriwwe in grotte en beskermde mere.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Ostorhinchus-cookii.html

Kategorie:Baarsagtiges