Die Jandorie (Zeus faber) is 'n seevis wat aan die hele kus van Suid-Afrika, die oostelike Atlantiese Oseaan, Australië, Nieu-Seeland, Japan en die Suid-Chinese See voorkom. In Engels staan die vis bekend as die John Dory.

Voorkoms Die lyf is silwerbrons met golwende horisontale lyne en 'n groot kol bokant die pektorale vinne. Die dorsale vin het kenmerkende lang strale. Die vis word 90 cm lank en weeg tot 8.2 kg.

Habitat en gewoontes Die jandorie kom op die kontinentale bank en boonste hellings voor in water van 50 – 400 m diep. Die onvolwasse vissies eet soöplankton en die volwasse visse eet vis en pylinkvis. Dit is 'n gesogte eetvis.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Zeus-faber.html

Kategorie:Beenvisse