Dawid Minnaar is 'n Afrikaanse akteur, deesdae bekend as dr. Franz Basson van die KykNET-sepie, Binnelanders.

Minnaar is in Upington in die Noord-Kaap gebore, maar het grootgeword op 'n karakoelplaas in die suid-westelike streek van Namibië, naby Helmeringhausen op. Na 'n jaar van verpligte militêre diens studeer hy drama aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad. In 1981 begin hy sy professionele loopbaan as akteur deur by die uitvoerende kunsteraad van Suidwes-Afrika aan te sluit.

Filmografie duimnael|Dawid Minnaar as Eugène Marais in Die wonderwerker (2012).

Van die rolprente waarin hy verskyn het: Nag van die negentiende, 1992 The Visual Bible: Matthew, 1993 Ouma se slim kind as die onderwyser, 1998 Fiela se kind as Benjamin sr., 2007 Die wonderwerker, 2012

Van sy TV optredes sluit in: Paradys, 1994 7de Laan as Leon de Lange, 2000–2002, 2003- Waterfront, 2017 Konings Torings Koöperasiestories Binnelanders as dr. Franz Basson Amalia as Piet Vos Sara se geheim Fynskrif

Verwysings

Eksterne skakels

Lys van rolle wat Minnaar al vertolk het

Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Alumni van die Universiteit Kaapstad Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch