Die witborskormorant of witborsduiker (Phalacrocorax lucidus) is 'n watervoël, hoofsaaklik kuslewend, wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom, asook binnelands, hoofsaaklik op damme en mere. In Engels staan die voël bekend as die white-breasted cormorant. links|250px|duimnael|Kormorant by Plettenbergbaai, Suid-Afrika
Voorkoms Hierdie kormorant het 'n donkerbruin rugkant en stert, wit keel en bors terwyl alle vlerkvere swart rande het. Die onvolwassenes is 'n effens ligter bruin van kleur sonder enige wit op die bors.
Habitat en gewoontes Hulle kom veral voor by riviermondings, strandmere, eilande en binnelandse waters. Die voëls kan enkellopend wees of in swerms voorkom. Hulle sit graag op takke of stompe met die vlerke uitgestrek om droog te word. Hulle vreet hoofsaaklik vis en maak nes in kolonies op rotslyste, in bome of op die grond.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000.
Verwysings
Kategorie:Kormorante