Shakira Isabel Mebarak Ripoll (gebore 2 Februarie 1977 in Barranquilla, Colombia) is 'n sangeres, musikant, aktrise en uitgewer wat onder andere bekendheid verwerf het vir haar ritmiese heupbewegings.
Biografie Shakira is op 2 Februarie 1977 in Barranquilla, Colombia, gebore. Sy is die enigste kind van William Mebarak Chadid en Nidia Ripoll Torrado. Sy is van Colombiaanse en Libanese afkoms. Haar pa William is in New York Stad gebore in 'n gesin van Libanon. Toe hy vyf was, het sy gesin na Colombia verhuis. Haar Colombiaanse moederkant het twee Spaanse vanne, Ripoll en Torrado, waarvan eersgenoemde Katalaans is en afkomstig is van vier broers wat in die 19de eeu van Katalonië na die kus van Colombia geïmmigreer het. Sy beweer ook dat sy verre Italiaanse wortels het deur 'n voorouer met die van "Pisciotti".
Shakira (Arabies: شاكرة) beteken "dankbaar" in Arabies, die vroulike vorm van die naam Shakir (Arabies: شاكر).
Van 2011 tot 2022 was Shakira in ’n verhouding met die Spaanse sokkerspeler Gerard Piqué. Hulle het mekaar ontmoet toe hy in die musiekvideo vir haar enkelsnit "Waka Waka (This Time for Africa)" verskyn het, die amptelike lied van die 2010 FIFA Wêreldbeker. Shakira en Piqué deel dieselfde verjaardag, tien jaar uit mekaar. Hulle het saam twee seuns, genaamd Milan en Sasha.
Diskografie duimnael|links|220px|Shakira by die NRJ Music Awards in 2012 Ateljee-albums 1991 - Magia 1993 - Peligro 1995 - Pies Descalzos 1998 - Dónde Están los Ladrones? 2001 - Laundry Service 2005 - Fijación Oral Vol. 1 2005 - Oral Fixation Vol. 2 2009 - She Wolf 2010 - Sale el Sol 2014 - Shakira 2017 - El Dorado 2024 - Las Mujeres Ya No Lloran
Lewendige albums 2000 - MTV Unplugged 2004 - Live & off the Record 2007 - Oral Fixation Tour 2011 - Live from Paris 2019 - Shakira in Concert: El Dorado World Tour
Kompilasies 1997 - The Remixes 2002 - Colección de Oro 2002 - Laundry Service: Washed & Dried 2002 - Grandes éxitos 2006 - Oral Fixation Volumes 1 & 2
Enkelsnitte 2003 - Pepsi Single 2007 - Love in the Time of Cholera
Toere 1996-1997 - Tour Pies Descalzos 2000 - Tour Anfibio 2002-2003 - Tour of the Mongoose 2006-2007 - Oral Fixation Tour 2010-2011 - The Sun Comes Out World Tour 2018 - El Dorado World Tour
Verwysings
Eksterne skakels
Shakira se amptelike webtuiste Shakira en MTV
Kategorie:Colombiaanse musici Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense