Die visvalk (Pandion haliaetus) is 'n roofvoël wat aan die suid-, oos en weskus van Suid-Afrika voorkom. Dit is die enigste spesie in die familie van visvalke (Pandionidae). Die voël staan in Nederlands as die visarend bekend, maar moet nie met die Afrikaanse visarend verwar word nie.
Voorkoms Die voël se kuif is effens wit met 'n donkerbruin masker deur die oë. Die vlerke is donker met wit onderkante.
Habitat en gewoontes Die visvalk verkies baaie aan die kus en riviermondings. Hulle kom ook in binnelandse waters, soos die Hardapdam, voor. Hulle broei in Europa en is 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika. Hulle is alleenlopend en jag vis uit die lug deur onder die water in te duik om die vis met hul kloue te vang. Dit is bekend dat hul prooi deur visarende gesteel word.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=1327AC55AA9D579B&sec=summary
Kategorie:Valke