Breyten Breytenbach (* 16 September 1939 — † 24 November 2024)Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/breyten-breytenbach/ was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar met Franse burgerskap.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Breyten_Breytenbach Breytenbach het 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy digkuns gelewer.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy is ook bekend as die mees prominente gevangenis-skrywer van Suid-Afrika, nadat hy nege jaar tronkstraf onder die apartheidsregering moes uitdien.Tydskrif vir Letterkunde: http://www.scielo.org.za/scielo.php?pid=s0041-476x2009000200005&script=sci_arttext Sy omvangryke oeuvre is geskryf onder sy eie naam, sowel as B.B. Lasarus, Jan Blom en Jan Afrika.

Hy sterf in Parys, Frankryk, op die ouderdom van 85 – met sy vrou Yolande aan sy sy.

Biografie Vroeë jare en opleiding Breyten Breytenbach is op 16 September 1939 op Bonnievale gebore as die derde van vyf kinders van Hans en Kitty Breytenbach. Sy broer Jan is later stigter van die Suid-Afrikaanse Spesiale Mag in die Weermag en sy broer Cloete is later oorlogskorrespondent en bekende fotograaf. Hy het nog ’n broer, Sebastiaan, en ’n suster, Rachel. Sy vader is ten tye van Breyten se geboorte ’n boer in die distrik. Op vyfjarige ouderdom verhuis die gesin na die plaas Kafferkuilsrivier in die distrik Riversdal, waar hy op die dorp skoolgaan aan die Laerskool Langenhoven.

Vroeg reeds begin hy teken en in 1948 teken hy ’n spotprent van doktor D.F. Malan wat vir generaal Jan Smuts uitklop in die bokskryt, na aanleiding van die Nasionale Party se oorwinning in daardie jaar se algemene verkiesing. In 1948 word die plaas verkoop en verhuis die gesin na Wellington, waar sy vader eers ’n winkel naby die dorp langs die spoorlyn besit. Later trek hulle dorp toe, waar hulle tot 1970 die Grevilleas losieshuis bedryf.

Breyten matrikuleer in 1957 as hoofseun aan die Hoërskool Hugenote op die dorp. In die jare 1958 en 1959 studeer hy aan die Universiteit van Kaapstad vir ’n B.A.-graad. In die Departement van Afrikaans en Nederlands staan hy onder die opleiding van Boerneef, J. du P. (Canis) Scholtz en D.J. Opperman. In dieselfde tyd studeer hy ook kuns aan die Michaelis Kunsskool van die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Lippy Lipshitz. Per geleentheid raak hy betrokke by studente-aktivisme en hy is een van die studente wat betoog teen aparte universiteite vir verskillende rasse. Hy laat vaar dan sy studies en werk vir ’n tyd lank as redaksie-assistent van Gerry de Melker, uitgewer by H.A.U.M., asook in die uitgewery se boekwinkel. Deur hierdie werk raak hy in Kaapstad bevriend met onder andere Jan Rabie, Uys Krige, Jack Cope en Ingrid Jonker. Wanneer hy voor sy vertrek oorsee deur die land ryloop en tydelik in Johannesburg bly, loseer hy aan huis van Ingrid Jonker en haar man, die digter Pieter Venter.LitNet ATKV-Skrywersalbum 28 April 2015: http://www.litnet.co.za/breyten-breytenbach-1939/

Lewe in Europa In Desember 1959 vertrek hy as vierdeklas-passasier oorsee op die Mozambique, ’n Portugese boot, om die wêreld te verken.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Breytenbach,_Breyten Hy land in Lissabon en per trein reis hy deur Portugal en Spanje na Parys in Frankryk. Hiervandaan is hy per boot na ’n kusdorp aan die Engelse Kanaal en daarvandaan na Londen in Engeland, waar sy broer Cloete en sy vrou destyds gewoon het. In Londen werk hy onder meer as verpakker in ’n fabriek, waarna hy weer na Frankryk vertrek. In Cannes skets hy saans in ’n nagklub portrette in ruil vir ’n bord kos. Dan kry hy werk as kok op ’n plesierboot en vaar vir ’n paar maande rond in die Middellandse See, voordat die boot terugkeer Londen toe. Hier ontmoet hy sy toekomstige vrou Yolande by vriende. Teen die einde van 1960 vertrek hy na Noorweë, waar hy ses maande lank Engels by die Berlitz-skool in Bergen doseer. In Junie 1961 keer hy terug na Parys waar hy as skilder werk en al het hy as skilder ’n karige inkomste, word sy werk later uitgestal in die Galerie Espace in Amsterdam en in Edinburg, Parys, Minneapolis, Rome, Berlyn, Brussel, Rotterdam, Le Havre en Groningen.

Huwelik met Yolande en nagevolge Na sy huwelik in 1962 in Londen met Yolande, die Frans-Paryse vrou van Viëtnamese afkoms, woon hulle eers in ’n kamer op die linkeroewer van die Seine en later in ’n woonstelletjie in die Rue Malebranche in Parys. Sy vrou is ’n Franse burger, hoewel haar ouers van Viëtnamese afkoms is en sy daar gebore is. As vierjarige gaan sy na Frankryk waar haar vader Viëtnam se verteenwoordiger by Unesco was. Haar regte naam is Ngo Thi Hoang Lien, wat “geel lotus” beteken en sy en die lotus figureer prominent in Breyten se digkuns.Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/seminaar/ampie_breyten.asp In Parys werk Yolande as sekretaresse by ’n Amerikaanse maatskappy en sy behaal ’n B.A.-graad aan die Sorbonne, waarna sy verder studeer in die Regte en Volkekunde. Sy is Frans, Viëtnamees, Spaans en Engels magtig. Breyten studeer in 1963 ook aan die Sorbonne, terwyl hy ’n lewe probeer maak uit sy skilderye en later deur ’n agent in Amsterdam ietwat beter doen en ook gereelde uitstallings hou in België en Nederland. Hy raak in hierdie tyd al hoe meer betrokke by anti-apartheidsorganisasies, veral nadat ’n visum vir sy vrou om Suid-Afrika te besoek sodat hy die A.P.B.-prys in ontvangs kan neem, in 1965 geweier word. In 1967 besoek hulle Suider-Afrika en gaan Swaziland deur Mosambiek binne, waar familie en vriende hulle kom groet en hulle op die terugreis met die boot toegelaat word om Kaapstad twee dae lank te verken. In 1972 word ’n visum vir Suid-Afrika aan sy vrou toegestaan en in Desember van daardie jaar kom die egpaar vir ’n verblyf van etlike maande na Suid-Afrika. Hier tree Breytenbach in Februarie 1973 in die lesingreeks oor die Sestigers voor die Kaapse Somerskool op. Sy boek ’n Seisoen in die paradys, wat onder die skuilnaam B.B. Lasarus gepubliseer word, beskryf die gebeurtenisse tydens hierdie besoek.

Op letterkundige gebied is hy van meet af aan omstrede. Reeds met publikasie van sy debuutwerke, Die ysterkoei moet sweet en Katastrofes, verwys Afrikaanse Persboekhandel die proewe na die besturende direkteur omdat hulle van mening is dat die werke ongesond en ongewens is. Bartho Smit behandel egter die besware met bestuur en die boeke word gepubliseer, waarna dit ook die A.P.B.-prys verower.LitNet: http://www.litnet.co.za/grepe-uit-die-uitgeegeskiedenis-van-breyten-breytenbach/ Tydens toekenning van die CNA-prys in 1968 is D.J. Opperman een van die beoordelaars en dit is vir hom duidelik dat Die huis van die dowe die sterkste aanspraakmaker is. Gedagtig aan die weiering van ’n visum vir Breyten se vrou in 1965, verneem Opperman deur middel van sy vriend Johan Spies of die regering haar sal toelaat om die land binne te kom vir die ontvangs van die prys. Die Eerste Minister, John Vorster, oefen hierna groot druk op die beoordelaars uit om hulle aanbeveling te verander. Opperman staan egter vas en lig Vorster in dat hulle ’n aantal boeke suiwer letterkundig beoordeel en nie die persone nie. Hy is voorts nie bereid om Breytenbach se werk met ’n amateur te bespreek nie en indien Vorster die werk verder wil bespreek stel hy as voorwaarde vir die gesprek dat Vorster vir drie maande sy klasse op Stellenbosch bywoon sodat hy hom vir die gesprek kan oplei.Kannemeyer, J.C. D.J. Opperman: ’n Biografie. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 1986. bladsye 347-349. Na toekenning van die prys vir Die huis van die dowe sê Breyten in ’n onderhoud met Vrij Nederland dat die prys oëverblindery is en ’n vorm van omkoop om hom tot stilswye te dwing. Verder stel hy dit dat hy weens sy vrou se velkleur toegang tot Suid-Afrika geweier word en dat hy die prysgeld aan organisasies gaan skenk wat optrede teen die land voorstaan. Hierteen neem Opperman en Human & Rousseau eksepsie en in ’n ope brief aan Breyten wat op 18 November 1968 in Die Burger verskyn, repudieer hulle hom. Hulle distansieer hulle van sy politiek en sy steun vir terrorisme-organisasies en sê dat dit nie Breyten se vrou se ras is wat sy koms na Suid-Afrika verhinder nie, maar wel Breyten se steun vir ’n “bloedige inval in sy vaderland”. Hierdie ope brief veroorsaak ’n vertrouensbreuk tussen Breyten en sy uitgewer en hy gee hierna sy werke uit by die onafhanklike uitgewers Buren en daarna Taurus. Voor die toekenning van die Hertzogprys in 1971 word in die pers bespiegel dat Breyten die sterkste kandidaat is, maar die prys word aan die “veilige” Elisabeth Eybers toegeken. In Junie 1975 word Breyten se digbundel, Skryt: om ’n sinkende skip blou te verf, die eerste Afrikaanse digbundel wat verbied word onder die streng sensuurwette van daardie tyd, veral weens ’n politieke gedig gerig aan die Eerste Minister, John Vorster (of J. Vrotstert), onder die titel Brief uit die vreemde aan slagter. By herhaling gaan die beoordelaars van die Hertzogprys Breytenbach verby wanneer bekronings vir poësie gemaak moet word en wanneer hulle eindelik in 1984 die digbundel (‘yk’) bekroon, weier hy die prys.

Anti-apartheidsvegter en tronkstraf